NOORDWESTER - LICHTENBURG - Die AfriForum-tak in Lichtenburg het tydens dié organisasie se nasionale kongres die afgelope naweek die toekenning ontvang vir Beste bouprojek van die jaar.
Hierdie tak maak nie net slaggate reg nie, maar bou sommer self paaie oor. Die tak het die afgelope drie jaar 445,8 ton teer gebruik om slaggate te vul en paaie te herstel. Die AfriForum-kongres het van 22 tot 25 Augustus by die ATKV Klein Kariba buite Bela-Bela in Limpopo plaasgevind.
Geen skoon oudits vir Noordwes-munisipaliteite
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Nie ‘n enkele Noordwes-munisipaliteit het ‘n skoon ouditverslag vir die 2022/23-boekjaar bekom nie, net soos inwoners regoor die provinsie sukkel om toegang tot skoon drinkwater te kry.
Aan die einde van die 2022/23-boekjaar het Noordwes-munisipaliteite R160 miljoen se voorwaardelike toelaagbefondsing aan die nasionale tesourie teruggegee wat bedoel is vir die instandhouding en verbetering van waterinfrastruktuur. Agt munisipaliteite het meer as R300 miljoen se finansiële verliese aangeteken weens waterlekkasies ten bedrae van meer as 35% van alle gesuiwerde pypwater.
Businesses encouraged to mark streets
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Antonios Ziazias, owner of Sanlam Centre, encourages all businesses to tackle much-needed marking of streets in town.
Last week, Ziazias, along with his son and work team, marked and painted a section of Dr Nelson Mandela Road and covered all the expenses themselves.
According to Ziazias “It can be done. If we just take the necessary steps, use some initiative and stand together.
Members excited for trip
The Central Region Retired Police Legends recently had their monthly meeting in Mahikeng.
The main points of discussion were (firstly) the preparation of the year end function in December and (secondly) a trip to Thaba Nchu, next year in March where the AGM Conference for all regions will take place, chairperson Paul Mogotsi confirmed.
Eisteddfod in Sannieshof
NOORDWESTER – SANNIESHOF - Hoërskool Sannieshof se musieksentrum, onder leiding van Adrie Schutte (Noordwes-verteenwoordiger vir die Allegretto Eisteddfod in ons area), het die eerste Interprovinsiale Allegretto Eisteddfod onlangs in Sannieshof aangebied.
Meer as 426 kinders het deelgeneem aan items soos: 170 musiekinskrywings, klavier, dromme, viool, tjello, fluit, kitaar en ukelele, asook 35 Afrikaanse spraak en drama-inskrywings en 12 Engelse spraak en drama-inskrywings.