Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

BRITS POS – HARTBEESPOORT – By die Wêreld Meesters Atletiekkampioenskappe wat in Gothenburg, Swede in Augustus gehou is, het Hartbeespoort-atletiekklub se atlete uitgeblink met uitmuntende vertonings. Warren Schmelzer (70), het in die mans 70-74-kategorie deelgeneem en as dubbele wêreldkampioen na vore getree. Hy het sy eerste goue medalje in die hinderniswedloop verower en ‘n nuwe Suid-Afrikaanse- en Afrikarekord opgestel en daarna ‘n spannende oorwinning in die 800m behaal waar hy die wêreldrekordhouer met net ‘n paar meters na die eindstreep verbygesteek en sy tweede goue medalje verower het en nog ‘n nasionale- en kontinentale rekord opgestel het.

Read more …WêRELD MEESTERS ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE - Harties-egpaar is dubbelgoud- en brons wêreldkampioene!

BRITS POS – BRITS – Elke jong seun het ‘n droom, sommiges droom van vinnige motors, maar die 13-jarige Luvan le Roux, van Brits, droom al van jongs af om eendag ‘n beroepsjagter te word. 
Dit is in sy bloed, want hy het al sy eerste rooibok op 4-jarige ouderdom platgetrek. Alhoewel hy al op talle jagekspedisies was waar hy self die jagter was, het hy reeds op 8-jarige ouderdom sy vaardigheid as potensiële beroepsjagter begin verfyn. Op sy kerfstok het hy talle jagters (wat hy tong-in-die-kies sy kliënte noem) op suksesvolle jagekspedisies geneem en is telkens geloof vir sy liefde, respek en passie vir die natuur.

Read more …‘n Passievolle en doelgerigte jagter

BRITS POS – BRITS – Braam Verryne, a local bodybuilder, owner of Tiny’s Gym in Brits and the chairman of the International Fitness and Bodybuilding Federation (IFBB) North-West, was applauded at the IFBB national championships for his team’s excellent performances. The North-West province was represented by 22 athletes in 25 different categories and under the guidance of Braam. The team walked away with 6th place in the provincial standings. The medal Talley for the team was as follows: Top 10 (3); 1st place (3), 2nd place (4), 3rd place (5), 4th place (2), 5th place (2) and 6th place (1).

Read more …IFBB SA CHAMPIONSHIPS North-West team shines bright

BRITS POS – BRITS – Die dansers van Illusions Dance Studio het met groot sukses aan die semi-finale rondte van die Suid-Afrikaanse International Fine Arts Association (IFAA) deelgeneem en gekwalifiseer om in September aan die finale rondte deel te neem.
Die dansers, Ivanka Fourie, Nicola Zondagh, Miane Biddulph, Karla Zondagh, Ria-Mari Eveleigh, Aileen Fourie, Esthea Fourie, Monine Pretorius en Lené Faurie gaan van 12 tot 14 September in Pretoria aan die finale rondte deelneem en volgens hul afrigter, Madré Zondagh is die meisies doelgerig en gedrewe om hul nasionale kleure te verwerf.

Read more …Dansers op pad na SA’s

More Articles …