BRITS POS – BRITS – Die Bojanala Skaakfederasie se Clash of Schools 2024 is onlangs oor twee naweke in Rustenburg gehou waar die jongste skaaksterre in dié streek hulle vaardighede teen ander skole ten toon gestel het. Laerskole wys hul krag
Die laerskoolkompetisie is 20 Julie gehou en almal verras met die indrukwekkende vertonings van Laerskool Brits.
Veterane vier suksesvolle seisoen
BRITS POS – BRITS – Brits Krieketklub se o.40 Veterane span, ook bekend as die Brits Intertoy Toyota Veterane (Brits Legends), het vanjaar weer eens ‘n uitstekende seisoen in die Northern Titans Veterans Premier Liga gehad.
Die span het uitnemende krieket in die T20-, T30- en T40-ligas gespeel. In die T20- en T30-liga het Brits tot in die halfeindrondte gevorder, maar dit was in die T40-liga waar hulle hul staal gewys het, deur onoorwonne te bly en as die algehele Premier Liga-kampioene uit die stryd te tree.
SHAUN WILLIAMS In Blitsbokspan vir 2024 Olimpiese Spele
BRITS POS – BRITS – Gevra wat Shaun (26) vir homself in die vooruitsig stel, het hy onlangs gesê: “Om week vir week, toernooi vir toernooi my beste te gee en om momentum op te bou en hopelik vir die Olimpiese Spele Blitsbokspan gekies te word.”
Baie geluk Shaun, jy maak ons trots met jou insluiting in die Blitsbokspan wat eersdaags na Parys in Frankryk vertrek om aan die 2024 Olimpiese Spele 7’s-toernooi deel te neem.
Kayleigh, ‘n talentvolle gimnas
BRITS POS – BRITS – Kayleigh Jansen (12), ‘n talentvolle gimnas van Brits Gimnastiekklub het puik uitslae tydens die Noordwes kwalifiserende rondte, onlangs in Klerksdorp behaal.
Sy het aan vier items deelgeneem en haar uitslae (uit 10) is: Vloer (8.90), Sprong (8.95), Balk (7.20) en Brug (8.90). Met dié uitstekende punte, het sy gekwalifiseer om 9 en 10 Augustus aan die Noordwes-gimnastiekkampioenskappe, wat weer in Klerksdorp aangebied word, deel te neem.
Krieketweek ‘n reuse sukses
BRITS POS – BRITS – Die jaarlikse Brits Bosveld Kriekettoernooi wat deur Hoërskool Brits aangebied is, het die week met groot sukses plaasgevind.
Wedstryde is op die bane by Hoërskool Brits en by Brits Krieketklub gespeel.