Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

BRITS POS – BRITS – In ‘n opspraakwekkende vertoning van vaardigheid en spanwerk het die Intertoy Toyota Brits Veterane-krieketspan die Irene Coffin Dodgers met twee paaltjies in die Titans Veterans T40 Premierliga-wedstryd verslaan en as kampioene geseëvier.
Die wedstryd het Saterdag, 13 April op die Brits Oval plaasgevind en besoekers was dit eens dat dit ‘n skouspelagtige wedstryd was.
Brits se kaptein, Werner Albrecht, het die loot gewen en gekies om eerste te boul. Irene het ‘n eerbare teiken van 159 lopies gestel vir die verlies van 9 paaltjies in hul toegelate 40 boulbeurte. 

Read more …Brits Veterane is T40-liga Kampioene

BRITS POS – BRITS – Eerskomende Saterdag, 13 April, is Brits Jukskeiklub die gasheer van die Chris Behr Jukskei-gedenktoernooi.
Dit is die eerste keer wat dié voorreg aan Brits toegeken word en volgens die organiseerders word daar beplan om dit ‘n jaarlikse instelling hier in Brits te maak.
Volgens Johan Terblanche, woordvoerder van Brits Jukskeiklub, was Chris Behr die eerste voorsitter toe Jukskei in die laat sestigerjare in Brits posgevat het.

Read more …Skeie gaan gegooi word

BRITS POS – BRITS – Die Hoërskool Wagpos se o.16-rugbyspelers het tydens die Blikkies Groenewald Rugbyweek by Sundown Country Estate in Rustenburg, uitstekende spel gelewer en die “regte mense” behoorlik beïndruk.
Die Rugbyweek het vanaf 24 Maart tot 28 Maart plaasgevind en die o.16’s het in al drie hulle wedstryde koning gekraai en hul teenstaanders gewys dié “boertjies is bobaas.”
Wagpos se o.16’s wen Curro Roodeplaat 76-0, Hoërskool Kathu 52-0 en Hoërskool Roodepark 100-0.

Read more …Wagpos se o.16-rugbyspelers op die wenpad

BRITS POS – BRITS – Twee van Champion Swemklub se swemmers, Luca Otto en Joha Bezuidenhout het met groot sukses aan die Suid-Afrikaanse Vlak 3 Streeks-kampioenskappe in Germiston deelgeneem.
Die swemmers word deur Yvonne Victor afgerig en volgens haar was dit alreeds ‘n baie groot prestasie om vir die reuse gala te kon kwalifiseer.
‘n Totaal van 780 swemmers van regoor Suid-Afrika asook vanaf die buiteland het hieraan deelgeneem.

Read more …CHAMPION SWEMKLUB Swemmers swem soos kampioene

More Articles …