BRITS POS – MOOINOOI - Laerskool Elandskraal in Mooinooi het verlede Saterdag ‘n suksesvolle ruby- en netbalsportdag aangebied.
Die laerskole Thornhill, Sanddrift, Brits, Olienpark, Koster gekombineerd, David Brink, Koedoeskop en Elandskraal (gasheer) het geleentheid gekry om in ‘n goeie gees teen mekaar mee te ding en die kompetisie was straf.
Ruiters reg vir die seisoen
BRITS POS – BRITS – Verlede naweek was die eerste kompetisie van die South African National Equestrian Schools Association (SANESA) vir dié jaar en die perderuiters van Laerskool Brits het met hulle perde behoorlik gepronk.
Die Britsies wat tydens die kompetisie, wat by Hartland Equestrian Park plaasgevind het, presteer:
Spogkrieket word verwag
BRITS POS – BRITS – Brits Krieketklub is Sondag die gasheer tydens die finale rondte van die T20- en T30-reeks in die Northern Titans veterane-liga en daar word spogkrieket verwag.
Die twee veteraan-krieketspanne van Brits Krieketklub wat in dié T20- en T30-reeks gespeel het, het sover ‘n goeie 2023/2024 seisoen beleef en het tot in die semi-finale rondte van die reeks deurgedring.
Albei Brits se spanne het ongelukkig in die semi-finaal die knieë gebuig.
Kris laat die kettings knars
BRITS POS – BRITS – “Om fiets te ry is my beter-voel-pil,” sê Kris van Straaten (45), ‘n passievolle fietsryer wat so pas as die Suid-Afrikaanse padfiets-kampioen gekroon is.
Tydens dié kampioenskappe, wat in Suikerbosrand Natuurreservaat in Gauteng plaasgevind het, het Kris die Noordwesprovinsie verteenwoordig. Hy het in die afdeling vir veterane (40 tot 45 jaar) teen meer as 80 van die land se beste padfietsryers meegeding.
Gimnaste skop jaar met mening af
BRITS POS – BRITS – Ná ‘n lang vakansie het die gimnaste van Illusions Gimnastiekklub in Brits, onlangs ‘n op-en-wakker gimnastiek-vertoning gelewer.
Volgens die hoofafrigter, Madré Zondagh, was die doel van die vertoning om gimnaste in aksie te kry vir die propvol program wat die jaar voorlê.
“My gimnaste is gemotiveer om, soos verlede jaar, weer groot hoogtes te bereik,”sê Madré.