BRITS POS – BRITS – Dubai Academy, ‘n internasionale krieket-toerspan het in Desember verskeie wedstryde in Suid-Afrika kom speel, en op 13 Desember, Brits Krieketklub gekies om hul wedstryde teen Hoërskool Zwartkop te speel.
Volgens die bestuur van Brits Krieketklub, was dit vir hulle ‘n besonderse voorreg om as gasheer vir dié wedstryde op te kon tree.
Blitsbok-vreugde in Kaapstad
BRITS POS – KAAPSTAD – Die vreugdevure van die Blitsbok-kamp het Sondagaand hoog gebrand met ‘n oortuigende oorwinning van 26 – 14 teen Frankryk in die bekereindstryd van die Kaapstad-sewestoernooi.
Dit was die Blitsbokke se eerste Moederstad-bekertriomf sedert 2015 en beslis ‘n welverdiende oorwinning
Plaaslike rugbyliefhebbers was daar om die Blitsbokke aan te moedig, maar die Franse het gewys dat ons manne nie die oorwinning op ‘n skinkbord gaan kry nie.
Nuwe “Rival Cup”-gholfuitdaging maak sy buiging
BRITS POS – BRITS – Manie Maritz bied jaarliks ‘n gholfdag aan vir sy kliënte en so was Jerry Bouwer van Hartbeespoort Medical Service (HEMS) ook deel van die kompetisie.
Verlede jaar het almal weer so gemaak en toe kom die uitdaging – Bouwer het vir Maritz gesê dat sy gholfdag ‘n kompetisie tussen hulle moet wees en Woensdag, 27 November het hulle mekaar, besigheidseienaars en kliënte genadeloos gepak by Magaliespark-gholfbaan.
Britsies presteer op gholfbaan
BRITS POS – BRITS – Twee van Laerskool Brits se gholfspanne het skitterende spel tydens die Noordwes Skole gholf-kompetisie, wat op Magalies Park Gholfbaan plaasgevind het, gelewer.
Die dogterspan was die algehele wenners in Noordwes en die A2 seunsspan algehele wenners in die Noordwes IPS-liga.
BRITS KRIEKETKLUB Puik krieket word gespeel
BRITS POS – BRITS – Die krieketspanne van Brits het die afgelope naweek ‘n rits aanskoulike wedstryde gespeel, wat met oorgawe deur ondersteuners toegejuig is.
Brits 1ste XI vs Soshanguve 1ste XI: Saterdag 16 November op Brits Oval
Brits 1ste XI het pure oorheersing getoon in hul wedstryd teen Soshanguve 1st XI, en het omvattend met 10 paaltjies gewen. Die hoogtepunt van die wedstryd was die skitterende boulvertoning deur Wynand de Bruyn, wat ses paaltjies vir slegs 20 lopies in sy ses boulbeurte ingepalm het. Sy presisie het Soshanguve se kolflys afgetakel en hulle tot ‘n skamele 61 lopies beperk.