Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die tegnici by die stadsraad krap al maande kop oor klagtes dat Vodacom telefoonnommers nie die munisipaliteit kan skakel nie.

Dit kan tog nie wees nie? Die tegnologie is mos deesdae so gevorderd, hoe is dit moontlik? 

Klerksdorp Rekord het ondersoek ingestel en met raadslede en tegnici gepraat, en selfs vanaf ‘n Vodacom-nommer die stadsraad se skakelbord probeer bel. Die oproep is net afgesny.

Read more …Lui lui telefoon - behalwe as jy van Vodacom bel

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Die bekende sportfotograaf, Mario van de Wall, is skielik oorlede na ‘n kort siekbed. 

Hy het aan diabetes gely en was in die hospitaal nadat albei sy voete onlangs geamputeer is.

Van de Wall (62) was bekend op en van die sportveld af en was die laaste jare die Luiperds Rugby-unie se fotograaf. Die Potchefstroom Herald het in ‘n huldeblyk geskryf dat hy vir jare ikoniese sportoomblikke in Potch met sy lens vasgevang het. Hy was gereeld op die sportveld en terwyl sy siektetoestand verswak het, het hy nog steeds alles gegee om die aksie op die veld af te neem. 

Read more …Sportfotograaf sterf in hospitaal

Klerksdorp Record, Orkney - The DA Klerksdorp wants the minister for Water and Sanitation to intervene in the persistent sewage crisis they say is robbing residents of their dignity.

According to Cllr Chris Bester, seventeen of the 22 sewerage pump stations in Matlosana constantly overflow with raw sewage. He said all five pump stations in Orkney are dysfunctional, and are polluting residential areas.

“The municipality blames load-shedding and financial constraints for this ongoing crisis. However, both Matlosana’s annual and adjustment budgets failed to allocate the required funding towards sanitation services like maintenance, upgrades and responding effectively to pipe bursts and overflowing pump stations.

Read more …Nothing done to relieve sewage crisis in city - DA

Polisievoertuie op die toneel waar die lyk van ‘n onbekende man in die Vaalrivier gevind is. Volgens adj-off Elize van Schalkwyk, polisiewoordvoerder, is die polisie omstreeks 15:30 op Vrydag 3 November ontbied nadat ‘n drywende liggaam in die Vaalrivier gesien is. Dit was sowat 100 m stroom-af van die Boating Club opgemerk. Kapt Brent Browning en A/O Fred Leach is ingespan om die lyk uit te duik. “Dit is ‘n groot geboude swartman, tussen 30 en 50 jaar oud. Die liggaam was reeds in ‘n gevorderde toestand van ontbinding,” sê sy. Hy is ten volle geklee met geen opmerklike beserings nie. Teen druktyd is ‘n lykskouing nog nie gedoen nie. Die liggaam is tans in die plaaslike lykshuis. Foto: Verskaf.

More Articles …