
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Hervormde Gemeente Doringkruin se jaarlikse basaar vind plaas op Vrydag 30 Mei. Hulle skop die oggend af met ‘n heerlike plaasontbyt om 6:00. Die gebruiklike basaar lekkernye en kosstalletjies sal van 08:00 af beskikbaar wees. Die basaar sal heeldag oop wees tot 18:30 om selfs vir aandete te kan sorg.
Bestellings kan ook voor 27 Mei geplaas word, veral besighede en skole is welkom, vir aflewering of self afhaal, terme en voorwaardes geld. Daar is ook weer ‘n veiling vanaf 16:00.
Kaartfasiliteite is beskikbaar en kontant word ook aanvaar.
Uitstallers is welkom en die 3x3 staanplek is gratis.
Almal is welkom om die basaar te geniet. Die kuierlapa is heeldag beskikbaar vir lekker kuier en lag saam met vriende en familie. Skakel die kantoor by 018 468 5545 of Hanrie by 083 463 2014 vir meer inligting.