Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Pick n Pay stalletjiemark se lentemark die afgelope naweek was ‘n groot sukses. Sowat vyftig uitstallers het kom uitstal op Saterdag 31 Augustus en die gemeenskap van Klerksdorp het die mark baie goed ondersteun. Daar is gesmul aan heerlike kos soos spiraal aartappels, kerrie-en-rys, pannekoek, jaffels, sosaties, lewerkoekies, “corndogs”, potbrood en worsbroodjies. Die Mej Lente Junior-kompetisie het plaasgevind met 23 deelnemers. Die Mej Sonstraaltjie-kompetisie vir vier tot vyfjariges was ‘n hoogtepunt. Mej Junior Sonstraaltjie is Mia-Leigh Brits. Curro se marimba-orkes en Laerskool La Hoff se koor is goed ontvang en die markgangers het hulle toegejuig. Die volgende mark vind op 28 September plaas. Dit is dan die mark se derde verjaardag. Skakel Tinus by 083 294 8077 vir navrae en stalletjiebesprekings.