Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Die gewilde Kuns- en Antiekmark in Potchefstroom lok gewoonlik heelwat besoekers van buurdorpe en een van die dae is dit weer tyd vir hierdie uitstappie. Potchefstroom Erfenis bied die mark wat altyd by die President Pretorius Museum gehou is. Vanjaar word dit die eerste keer weer aangebied sedert die Covid-inperking en sal dit by die Potchefstroomse Metodistekerk, in James Morokastraat, gehou word. Die datum is Saterdag 8 Junie.  Die terrein by die President Pretorius Museum is nie meer voldoende nie, maar die Potchefstroomse Metodistekerk is ’n pragtige erfenisterrein wat beloof om die mark ’n besonderse atmosfeer te gee. Uitstallers by hierdie jaar se mark wissel van antiekeware, kunswerke en juwele, tot kunsflyt en plante. Daar sal ook ‘n gekwalifiseerde waardeerder wees om enige oudhede of erfstukke te waardeer.  Toegang by die mark sal, soos ander jare, gratis wees. Bring die hele familie en kom geniet die dag saam. Vir navrae of stalletjiebesprekings, stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..