Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die lang wintervakansie is hier en ek is oortuig baie ouers is al klaar hande in die hare oor hoe om die jongklomp besig te hou. Mens wil darem ook nou nie die kinders die hele dag aan die genade van televisie of selfone oorlaat nie, en soms maak die koue dit regtig onmoontlik om hulle buite te laat speel. Daarom is dit goed om jouself te bewapen met genoeg vir die kinders om te lees en te doen binnenshuis. Penguin Random House SA en Lapa Uitgewers het pas ‘n klompie boeke vrygestel wat jou kinders se vakansie kan help opkikker.

Die beste raaiselboek 2 
(Heidri Mittendorf. Illustrasies deur Nicole Hein)
Die boek bevat heerlike blokkiesraaisels, woordsoeke, prentjiesomme en talle ander raaisels. Woordoku is ‘n interessante konsep waar letters (wat ‘n woord maak) in plaas van die gewone nege syfers gebruik word. Dis so bietjie moeiliker as wat mens sou dink, hoor! Rebus-raaisels is opvoedkundig en werk met saamgestelde woorde, terwyl raaikettings met sinonieme werk. Daar is ook prentjiesomme en Soek en Pas. Boonop is die lekker illustrasies ook geskik vir inkleur en is die antwoorde op al die raaisels agter in die boek.
Hierdie aktiwiteitsboek sal kinders konstruktief en prettig besig hou, maar ook bietjie Afrikaanshersiening so onder die dekmantel van speel doen.