Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

deur Salomé Kotzé

Ek moet nog die perfekte ouer ontmoet. Ek sê nie daar is nie, net dat ek nie van hulle weet nie. Problematies, ek weet. Perfekte kinders is daar natuurlik ook nie. Maar ek breek nie my kop oor sulke goed nie… dit is wat dit is. Dan lees jy ‘n boek soos Haas en Harriët - en skielik dink jy hieroor. Oor gebroke mense en hul gebrokenheid wat na gebroke kinders lei. Die boek geskryf deur Susan Coetzer is lywig - nie net om te lees nie, maar vir ook vir die denke. Dit word beskryf as ‘n hartroerende roman oor onvolmaakte ouerskap. 

Op die voorblad: ‘n roman oor ma’s en dogters. Die foto ‘n dogtertjie wat speel met seepbelle.

Maak jou reg vir die grootwordjare van die suksesvolle sakevrou en entrepreneur, Mila Verster. As kind het sy die bynaam Haas van haar ma gekry en weldra kom jy agter hoekom. 

En hoekom sy dit haat om so genoem te word. 

Iets wat haar ma, die eksentrieke Harriët, haar nie aan steur nie. Mila het grootgeword in die vroeë sewentigerjare en is nou in haar vyftigs. Sy is reg vir ‘n nuwe hoofstuk in haar lewe, haar dogter (Tami) word 18 en dit blyk haar huwelik is op die rotse. 

Die boek lees lekker en gemaklik en jy leer die karakters vinnig ken. Die verbintenis tussen almal word duidelik hoe verder jy lees en soos Mila haar grootwordjare herbesoek begin die leser verstaan hoekom haar en haar ma se verhouding so kompleks is.

Daar is nog ‘n ouer boetie ook en ‘n pa wie se afwesigheid in haar lewe ook ‘n rol speel.

Mila was 5 jaar oud in 1972, die jaar wat haar pa oorlede is en dit is na die jaar en die volgende jaar waarheen sy telkens terugblik en die sluier oor haar verlede begin lig. 

Wanneer Tami verdwyn (heelwat later in die boek) word die roof egter afgeruk en word sy gedwing om dit wat met haar gebeur het te konfronteer. Kan daar vergifnis wees en wat is die prys wat sy daarvoor moet betaal?

Wees gewaarsku, daar is tonele in die boek wat sommige lesers kan ontstel. 

Haas en Harriët deur Susan Coetzer word uitgegee deur Human & Rousseau en kos sowat R300 by boekwinkels.