Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die opening van die opwindende nuwe multi-sportsentrum by die Garden Bridge bied iets vir alle sportentoesiaste in Klerksdorp. Dié speelplek vir aktiewe mense is op Saterdag 1 Februarie amptelik geopen met ‘n dag van aksie en pret waarin verskeie spanne teen mekaar meegeding het. ‘n Verskeidenheid sportsoorte word aangebied wat insluit krieket, netbal, pickleball, sokker en dodgeball.
Verder kan pluimbal, tennis- en krieketboulmasjiene ook beskikbaar gestel word en oud en jonk kan saam tyd hier deurbring.
Goeie nuus is die bekostigbaarheid van die geriewe en daar is verskillende pakkette beskikbaar vir leefstyl- en sosiale gebruikers. Diegene wat belangstel om die geriewe te gebruik word versoek om die skanderingsfunksie op Whatsapp te gebruik sodat die bemarkingspan hulle kan kontak om die verskeie pakkette te bespreek.
Besprekings of enige navrae kan ook gedoen word per Whatsapp by 076 205 0358.
Die lojale ondersteuningsopsie bied ‘n korting van tot 10% deur die hele sentrum.
Die Let’s play ball-deel fokus op persoonlike behoeftes en leefstyl bevordering met sosiale spel, spanbou, werksfunksies, partytjies, professionele afrigting, tuisonderrig leerlinge, spansport vir skole asook vir huisvroue en besigheidseienaars wat die wonderlike spel van pickleball wil ontdek.
Dit bied ook toegang tot die klubhuis, aanbiedinge, lewendige musiekoptredes en ander vermaak.
Verskeie borge was betrokke by die opening en Garden Bridge bedank almal, sowel as die spanne en organiseerders van die wonderlike dag.
In geen spesifieke volgorde: Toyota, Konica Minolta, VX Auto, Auto Den, Ndlovo Metre Repairs. Die Hoofborg, Arnold Motors het gesorg vir sambrele en hemde en ‘n spesiale dank aan hulle van die span by Garden Bridge.
The Garden Bridge Lifestyle Centre - always something for everyone to do.