Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

deur Demi-Leigh Tebow
Uitgegee deur NB Uitgewers
 
In ‘n Ewige kroon getuig die gewese Mej Heelal en Mej Suid-Afrika Demi-Leigh Tebow hoe gevaarlik dit is om ons identiteit aan ons prestasies te koppel. Ontdek wie jy geskape is om te wees, en leer hoe jy jou platform - hoe groot of klein ook al - kan gebruik om ’n blywende impak te maak. In hierdie boek neem Demi ons saam op haar reis na selfvertroue - van waar sy haar identiteit op tydelike eerbetuigings en haar eie pogings gebaseer het, tot waar sy die rotsvaste sekerheid ontdek het van jou lewe in die Skepper anker. Dié reis verweef haar lewensverhaal met die insigte wat sy langs pad verwerf het.

Die doel met ons lewe is om God en ander lief te hê en te dien. Demi wys hoe jy kan leer om op jou groter roeping te fokus eerder as op jou aspirasies, en ’n voetspoor van betekenis kan nalaat, eerder as een van sukses.

Demi-Leigh is deesdae ‘n entrepreneur, smaakmaker en spreker wat in die VSA bly saam met haar man Tim en hul drie hondekinders.