Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Lekkergoed vir die lewe 

deur Susan Coetzer
Uitgegee deur NB Uitgewers

Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en daaglikse gebede is dit opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n noemenswaardige, positiewe verskil in ‘n mens se lewe maak nie. Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur ‘n ware konneksie met die Here te maak en die werking van sy Heilige Gees eerstehands te begin ervaar. Dit help jou om anders te begin reageer in situasies wat vroeër ’n sneller vir jou kort lont sou wees. In hierdie 250 onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar: van die trapmeul by die werk tot die verantwoordelikhede by die huis tot die glasskerwe op jou lewenspad.

Die boek is ook daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe maniere van dink en doen te kweek en in te oefen. Dit sal jou bemoedig om geestelik sterker te word sodat jy as gelowige staande kan bly in ongekende moeilike tye in ons land.

Susan is bekend as aktrise, motiveringspreker en skrywer. Haar eerste roman, Oros vir die siel, was ‘n wegholsukses. Die afgelope paar jaar maak sy naam deur voor vrouegehore op te tree en lekkerlees fiksie en niefiksie te skryf. Sy is dikwels op die verhoog en tv te sien. Sy woon in Johannesburg en het een seun en twee kleinkinders.