Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Orkney & Klerksdorp Diereskuiling het erg onder die onlangse swaar reën deurgeloop met die skuiling wat ‘n paar keer onderwater was. Die stad se “bikers” het besluit om te help.
Die motorfietsklubs Predators en Rebel Jacks met die goedkeuring van die NW Motorfietsryersvereniging bied ‘n fondsinsamelingsrit op 12 April aan. Met dié “Food & Blanket Run” wil die motorfietsryers ‘n verskil maak. Almal kom om 12:00 by Champion Tyres N12 byeen en hulle sal om 13:00 vertrek na die skuiling. Bring hondekos, katkos, katsand en komberse en laai af by Champion Tyres N12 of by Bikes & Bits. Meer inligting by 082 566 8376.