Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Daka
Deur Jaco Strydom
Uitgegee deur Luca, ‘n druknaam van Lapa Uitgewers (Penguin RH)

Na meer as tien jaar se skrywe deur Jaco Strydom wat verskyn het in Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Weg, Maroela Media en drie ander topverkopers, verskyn die eerste Roman uit die pen van Jaco, Daka is Junie 2024 op die rakke. Adam se lewe was nie een lang, uitgerekte verhaal soos die van meeste ordentlike mense nie. Eerder ’n bondel erg teenstrydige stories, in chaos verweef. Van hulle was naïef en onskuldig. Van hulle wreed en donker en verskriklik en selfs boos... maar van hulle so beautiful soos die bewegings van Lamu-eiland se laaste doegong. 

Die verhaal van ’n tiener wat te gou moes grootword, ’n grootmens vol bitterheid, verwyt en verlange, en ’n reisiger wat ’n misterieuse teenwoordigheid probeer ontvlug.

Dis moeilik om te glo dat so iemand rêrig bestaan, sou die mense later sê, want vreemde dinge het gebeur. Dinge wat hom soos ’n onsigbare magneet noord sou trek, seelangs, die laaste wildernis in.  
q Jaco Strydom is ’n avonturier, skrywer en dromer. Hy het teologie geswot by NWU en UP en woon tans in die Echo-gemeenskap in Villieria, Pretoria. Daka is Jaco se vierde boek.