Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Christelle Wessels

Lapa Uitgewers se Romanza-boeke het ‘n liefdesverhaal om in elkeen se smaak te val. Dié maand bederf hulle lesers met drie splinternuwe liefdesverhale: ‘n Historiese Romanza, ‘n moderne Romanza en ‘n stomende Romanza.

Dina Botha se nuwe verhaal, ‘n Skandalige soen, neem jou terug na die era van balrokke, skone prinsesse en gereëlde huwelike. Prinses Marié Elizabeth van Habsburg staan op trou met Prins Octavius - ‘n koelbloedige man wat op oorlog gedy. Wanneer sy te doene kry met die aantreklike skeepskaptein, Francis le Cluc, laat gebeur hy dinge met haar hart wat haar onkant vang. Is sy gedoem tot ‘n liefdelose huwelik, of is daar hoop vir haar hart?

Bets Smith het geen bekendstelling nodig onder lesers nie. Haar nuwe liefdesverhaal, Lemoenbloeisels vir Alma, vat ons bos toe na waar Alma Roux heling gaan soek na ‘n morsige egskeiding. Sy bevind haar op Thabayengwe waar sy haar hart en siel daarin werp om ‘n trop olifante te help rehabiliteer. Maar net wanneer sy dink sy begin haar voete vind, word haar wêreld weer op sy kop gekeer. En skielik is nie net haar hart in gevaar nie; haar lewe word bedreig! 

As daar één Afrikaanse skrywer is wie se naam sinoniem met romatiese fiksie is, is dit dié van Elsa Winckler. Haar nuutste, Quinn, is die tweede boek in haar Sutherlandbroers-reeks. In hierdie stomende liefdesverhaal kruis die Skot Quinn Sutherland se pad met dié van Ella du Toit. Maar om een of ander onverklaarbare rede begin Quinn Ella na ‘n paar maande ignoreer. Wanneer Ella haar midde-in ‘n skietery in London bevind, is dit Quinn wat met haar hospitaal toe jaag. En toe begin die vonke weer spat!

Vir meer inligting oor dié drie boeke, gaan loer op LAPA uitgewers se webwerf.