Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times
deur Erla Diedericks (uitgegee deur Lapa Uitgewers)
 
Hoe lui die spreekwoord? Buig die boompie terwyl hy nog jonk is. In Bonsaimeisies gaan jy gril en ril oor hierdie gesegde. Die psigiater, Ann Marais breek weg na die Wonderberge, maar ’n vlaag ontvoerings vertroebel haar vakansie. Speurder Marnus Mostert vertel haar van die grieselrige manier waarop die ontvoerder sy jong slagoffers martel voordat hy hulle vermoor: Hy buig en snoei hulle soos Bonsaiboompies. Ann besef daar is net een mens wat hulle kan help: Samael de Kock, ’n martelspesialis, psigopaat en gevangene van Molenberg Psigiatriese Hospitaal. Kort voor lank is daar ’n vreesaanjaende magspel tussen Samael, Ann en die Tuinier, soos hulle die moordenaar noem. Intussen duik ander karakters op om sake verder te kompliseer: ’n Plantkundige vasgevang in haar verlede, ’n geheimsinnige byeboer, en ’n gasteplaaseienaar met weermaggeraamtes in die kas. Sal Ann die Tuinier kan help vastrek voordat hy weer sy snoeiskêr optel? Liefs nie vir sensitiewe lesers.