Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times
deur Pieter van Zyl (uitgegee deur Tafelberg)
 
Ruben Lambrechts en sy gesin is oor die wêreld heen bekend vir hulle Namibiese plaaswerf waar ‘n verskeidenheid wilde diere dolgelukkig saam met die gesin woon. Meerkatte, grondeekhorings, vlakvarke, ystervarke en natuurlik Cindy die bobbejaan kan kom en gaan soos hulle wil. Die diere is nie troeteldiere nie en bly nie in hokke nie. Ontmoet meerkatte Minki en Jerry, vlakvarke Betsie en Bennie, Cindy die bobbejaan en vele meer in hierdie boek met ses stories vir kinders. Foto’s en illustrasies sorg vir volkleurdieremanewales op elke bladsy. Huisgenoot joernalis Pieter van Zyl het die skryfwerk gedoen en Clarabelle is ’n illustreerder, kunstenaar en kunsonderwyser. Die boek is geskik vir kinders van alle ouderdomme.