Audrey Bierman van Orkney spog met ‘n paar toekennings wat sy die afgelope naweek by die Ink Skryf in Afrikaans prys-uitdeling gekry het. Sy het ‘n tweede plek in die Facebook prosa afdeling gekry en ‘n algehele agste plek in die volwasse gedigte afdeling. Daarmee saam is sy die naaswenner as Nuweling van die Jaar aangewys. Vyf van Audrey se gedigte en twee van haar kortverhale is in die jaar se Inskpraak bundels gepubliseer. Op die foto ontvang sy haar toekennings van Anzé Bezuidenhout, stigter van Ink Skryf in Afrikaans.