Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klein Pierre van der Merwe was as tjokkertjie versot op sy ouma se rooi handsakkie. Daar in haar huis op Graaff-Reinet was dit een van sy gunstelingspeelgoed. Vandat Pierre regtig kon onthou, het hy die gevoel gehad dat hy anders as ander kinders is. Sy lyfie en sy manier van dink en doen was ook nie soos die ander seuns wat hy geken het nie. Seunsdinge het hom nie aangestaan nie. Hy het eerder met sy jonger sussie se pop gespeel as met sy speelgoedkarretjies.

Sy ouma se tafeldoek is gereeld gedeps sodat hy by die bure ‘troue’ kon gaan hou.

Vir 23 jaar het Pierre psigies en liggaamlik gesmag om te kan wees wat hy oortuig was hy eintlik veronderstel was om te wees - ‘n vrou. In 1975 het hy ’n “geslagshertoewysingsoperasie” ondergaan - en Pierre kon in elke opsig Elise word.

In Twee lewens stap die leser die moeilike pad saam met hierdie baie dapper mens wat ‘n pad moes kap waar daar skaars nog ‘n spoor was.

Elise Bishop skryf so onderhoudend, vloeiend en met ‘n ouwêreldse taalskoonheid dat haar outobiografie meer soos ‘n verhaal lees. En dis alles behalwe swaarmoedig. Elise se humorsin en spitsvondigheid slaan oral mildelik deur - dié is ‘n leeservaring wat jy jouself behoort te gun.

Twee lewens word deur Hemel & See Uitgewers uitgegee. Vir enige navrae, besoek hul webwerf by hemelensee.co.za