Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

deur Zuléka Smit • Uitgegee deur Penguin Random House SA


Lea hou so min van skool dat haar magie sommer pyn. Niemand by die skool wil met haar speel nie. Juffrou kondig ’n kunswedstryd aan ... miskien is daar ander maatjies wat ook soos Lea hou van teken?
Lea sal sommer dadelik in almal se harte inkruip.

Lea gaan skool toe is gebaseer op die suksesvolle boek Ben gaan skool toe en Ben-reeks deur Zuléka Smit wat by dogtertjies aanklank sal vind, en die eerste in die nuwe Lea-reeks. Dit is ook in Engels beskikbaar. Geïllustreer deur Johann Strauss.

Daar is alreeds drie Ben-boekies in die gewilde reeks deur Zuléka Smit. Ben gaan skool toe en Ben en die groot toets is beide met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon.

Zuléka Smit se pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.