
deur Jaco Wolmarans
Uitgegee deur NB Uitgewers
Jaco Wolmarans is terug met aksie, spanning en intrige. Dit is 1991. Israel in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. En ’n geskikte rekruut vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir Siriese missiele. Die kandidaat: Ruth Heyns, doktorsgraadstudent in Tel Aviv. Maar sy trek die aandag van Teenspioenasie se ervare Gunther Eckhardt en die toenemende agterdog van die Lugmag-liaison, kolonel Leon Rutger. Donkermaan is die eerste roman in ‘n tweeluik, maar is ook ‘n selfstandige verhaal. Die opvolg, Sekelmaan, verskyn einde Augustus.