Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times
Lesersindruk deur Salomé Kotzé
Wilde vere deur Hendie Grobbelaar 
Uitgegee deur Lapa Uitgewers
 
Uit die staanspoor hou jy van Pop. Sy word aan die leser voorgestel as ‘n raakvatter vrou wat altyd eers aan almal dink, voor sy aan haarself dink. Ons almal ken ‘n Pop. Haar man dobbel sy pensioen uit en haar seun kom met ‘n swanger vrou uit Engeland terug. Almal bly saam op ‘n kleinhoewe iewers in die Vuildriehoek waar Pop die pot aan die kook moet hou. Sy is glad nie ‘n poppie nie. Inteendeel, sy is ‘n mechanic. Dan is daar nog hoenders ook. Een spesifieke hoenderhen, Maria Magdalena raak ‘n karakter in die boek en om dinge uit ‘n hoender se perspektief te sien ontvou, is inderdaad vreemd.
Daar gebeur twee tragedies wat die karakters in die boek se lewe omvergooi en die lief en leed op die stukkie grond met die plakkerskamp wat al hoe nader kruip, hou die leser geboei. 

Wanneer Pop en Sue op hul Eat Pray Love-ekspedisie na Bali gaan, hou jy asem op oor hoe die storie uiteindelik gaan uitspeel. En as jy weer sien, is die boek klaar gelees. 

Heerlike leesstof vir die wintervakansie wat voorlê.