Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times
Lesersindruk deur Salomé Kotzé
Die Binnerym van Bloed deur Antjie Krog 
Uitgegee deur NB Uitgewers
 
Hierdie boek het nou ‘n ereplek op my boekrak. Om ten minste een keer ‘n jaar afgestof en weer gelees te word, want ek het lanklaas ‘n boek so geniet. Die digter Antjie Krog keer in die boek terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaat en haar grootwordplaas is soos sy en haar ma, die skrywer Dot Serfontein, ook hoofkarakters in die boek. Dit is haar tuiste; ook haar ma s’n. Elkeen met sy eie onthou wat deur middel van briewe en dagboekinskrywings ook die leser se onthou word.
Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp. Ek het soms lekker gegiggel oor haar uitstekende beskrywings.
Soos die een op p17: “Waarom verf ou vrouens hulle toonnaels? Haar voete lyk soos twee klawerborde wat lank in die reën gestaan het. Die een toon korrel links, die volgende bars heeltemal regs, die derde een kruip in sy eie poephol op, die naellose kleintoontjie het ‘n blerts Cutex op die vel.’’

Antjie en haar ma het nie aldag om dieselfde vuur gesit nie, en hieroor draai die skrywer nie doekies om nie, tog kan die liefde en bewondering wat hulle vir mekaar en mekaar se skryfwerk gehad het, nie misgelees word nie. Die insluiting van Dot se versorgingsverslae het ‘n tipe melancholie by my gelaat, want op so ‘n hoë ouderdom en met so ‘n nalatenskap is dit tragies om gereduseer te word tot in hoe ‘n mate jou stoelgang deur die dag of nag was.

Die boek/gesprek tussen ma en dogter oor die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras asook romantiese verhoudings oor rasgrense heen laat mens met stof tot nadenke. Hierdie boek is sover my top boek vir die jaar.