Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

deur Helene de Kock - Uitgegee deur NB Uitgewers

Plek van die bittermaan is die verhaal van ’n ongetroude enkelma wat stad toe vlug met haar seuntjie in die hoop om “anoniem” te wees. Maar vir die beeldskone Tessa Verwey is dit nie so maklik nie. Dis nie net moontlik om haar van die res van die wêreld af te sny nie, want in die losieshuis waar hulle tuisgaan, word sy voor hartverskeurende keuses gestel. Wie sal vir haar én haar seuntjie kans sien? En by wie lê haar hart?

In Kamer van die stormwind moet die jong Jessica leer afskeid neem van haar man wat na ’n rugbybesering in ’n koma lê. Sy raak egter die lewe aan van almal om haar en sy besef dat sy, ten spyte van haar hartseer, steeds deel is van die stroom van die lewe.

Daar is haar skoonsuster Jeanne, wat haar hart verloor op ’n man wat haar nie wil hê nie, en die ander suster Elza, wat nog moet leer hoe om mens te wees. Dan kom Ezra op die toneel. En die jong predikant, Andrew. Stadigaan word haar lewe in ’n nuwe rigting gedwing...