deur Rudie van Rensburg - Uitgegee deur NB Uitgewers
Is Kassie en Rooi op ’n selfmoordsending? Skatryk tweelingbroers wat uit hulle huis in Rondebosch verdwyn het, se geraamtes word vyf jaar later deur ’n stootskraper in ’n veld opgediep. Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind. Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar loop om vermoor te word soos die drie speurders wat by die destydse verdwyningsaak betrokke was. Maar om ’n saak onder die radar te probeer oplos, blyk gou onprakties te wees.
Wanneer Kassie-hulle tot ’n openlike ondersoek oorgaan, maak hulle slapende honde wakker. Hulle beland in ’n maalstroom van ongekende gevaar.
’n Stikdonker onderwêreld, waar antieke voorwerpe miljoene rande op swartmarkveilings behaal, duld nie inmenging nie. Veral as die sindikaatleier in dié onderwêreld gevaarliker is as ’n mamba wanneer sy besigheid bedreig word.