Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

“Jy!” Tannie Annatjie leun vorentoe sodat haar stoel kraak. “Jy moet help!”
Mevrou Smit was so besig om haar verlepte melktert ‘n tweede kans te gee, dat sy nie eers besef het dis sy wat so driftig aangespreek word nie. Maar sy voel almal se oë op haar...”
Elizabeth Wasserman, ‘n gebore Klerksdorper, se Mevrou Smit is terug. En sy het wéér haar hande vol met Aronspoort se mense. Terwyl die dorp eintlik wil bruilof hou, slaan ‘n vrou morsdood neer. Is daar ‘n logiese verduideliking vir die skielike dood, of steek daar méér agter die geheimsinnige sterfte?
Met Mevrou Smit in die omtrek bly geen steen onaangeraak nie en is niemand se privaat sake so privaat soos wat hulle graag sal wil dink nie. 
Boonop is daar ook ‘n paar dinge in haar verlede wat sy nie baie graag aan die grootklok gehang wil hê nie!
Die tweede boek in die Mev Smit-reeks is byna lekkerder as die eerste een. 
Indien jy van ‘n ligter aanslag vir jou krimi hou, sal dié so reg in jou kraal wees. 
‘Die nege lewens van Mevrou Smit’ word uitgegee deur Penguin Random House SA. Vir meer oor die boek, of die skrywer, gaan kuier op Penguin se webwerf - www.penguinrandomhouse.co.za