Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die Winckler-egpaar het elk ’n nuwe boek op die rak. Heinz se nuwe boek, Lewensgids vir Mans en Lewensgids vir Vroue, Aletté-Johanni se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by ouer en jonger lesers sal vind. Die boodskappe in hierdie lewensgidse is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in mans en vroue se daaglikse lewens.

Die inhoud bied die leser goeie raad en wenke wat mans en vroue se hedendaagse leefstyl en situasies in ag neem. Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ’n goeie vriend/vriendin te wees’, ‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste man/vrou te wees’, ‘Hoe om die beste Pa/Ma te wees vir babas/kleuters/laerskool kinders/tieners’, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer. Die boeke sal in Oktober beskikbaar wees en word deur Penguin/Random House uitgegee.