Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Daar is onheil op Onrus. Drie moorde wat skynbaar glad nie verband hou nie, net ’n vreemde verbintenis met ‘n pierewaaier eiendomsagent. Dan nog die meisies wat ook so aanhou ver-dwyn. Weet die grillerige fotograaf se vrou dalk iets? Speurder Lisamore Talakase se werk is uitgeknip vir hom in Christelle Wessels se vierde spanningsroman Wegkruiper. Hy is boonop nuut op Hermanus en nie in die bevelvoerder se goeie boekies nie, en moet hulp uit alle oorde kry om die moordenaar/s aan die pen te laat ry. Wegkruiper wys in watter nagmerrie ’n dorp ontaard wanneer die sondes van die verlede ’n gemeenskap inhaal. Die boek is in Julie bekendgestel en word deur Penguin/Random House uitgegee.