deur Kristel Loots (uitgegee deur LUCA)
Waaroor gaan dit? Isabella voel nie soos die tradisionele beeldskone heldin nie; sy is sag om die kante en haar hare het ’n wil van hul eie.
Sy soek avontuur en passievolle liefde, en vlug uit die stad om van haar oorbeskermende ouers weg te kom. In die oop ruimtes soek sy ’n man wat haar voete onder haar uitslaan.
Maar ’n gesinskrisis dwing haar om die waarheid in die oë te staar en die geraamtes uit die kas te konfronteer.
Miskien sal die kronkelpaaie van haar lewe haar lei na liefde en vryheid, sodat selfs ’n verlore woestynblom soos sy kan blom.
Kristel is ’n gewilde skrywer en die boek sal nie teleurstel nie. Koop hom in April.