deur Jozine Botha (uitgegee deur LUCA)
Waaroor gaan dit? Elaine vlug weg van haar verloofde, Alex sonder enige verduideliking. Haar geheim bly haar eie, want as Alex ooit moet uitvind sal dit sy lewe ruïneer, of so glo sy. Sy het geen ander keuse as om met Ben van Staden, die rykmanseun van Bloemfontein, te trou nie.
Die jare wat volg is verwonde jare gevul met vrees en verwyt. Elaine verloor haar geloof in ‘n liefdevolle God en dit is net wyn wat haar help om soms te vergeet. Maar haar liefde vir Alex bly ’n brandende vuur in haar binneste wat nie geblus kan word nie.
Skielik, ná sewe jaar, staan Alex weer voor haar en sy besef dat God tog alles ten goede kan laat meewerk vir die wat Hom liefhet. Maar, sal Alex haar ooit kan vergewe vir die onreg wat sy aan hom gedoen het?
Dit is Jozine se debuut roman. Sy is ’n pastoor en berader by die Prisam gemeente in Wonderboom, Pretoria. Beskikbaar in boekwinkels in April.
Nuut op die rak: Die jare tussen ons
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode