Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Omkring 31 Mei op jou dagboek, want dan bied Triestsentrum die Toekafees aan. Dit klink na ‘n dag vol plesier en heimwee. Kom eet kos soos ouma dit gemaak het en kyk hoe oupa op die plaas gewerk het. Die Toekafees beloof om jou terug in tyd te neem. Hunker jy na ‘n tyd toe alles stadiger was en minder tegnologies? Dan moet jy kom saam kuier.
Verwag ossewaens, trek-osse, sien hoe melk gekarring word en hoe botter gemaak word, asook boerseep en vetkerse.
Neem deel aan jukskei en skyfskiet en kom beleef mampoerstook.
Brei en hekelwerk is te koop en veteraanmotors- en trekkers sal die prentjie afrond.
Kom eet pap-en-kaiings, afval, wildspastei, vetkoek, melkkos, skaapstertjies en soveel meer.
Die sentrum is op die h/v Elm- en Centrallaan geleë.
Toegang is R80 vir volwassenes en R40 vir kinders jonger as 12 jaar. Dit sal van 10:00 tot 17:00 duur.
Saterdagaand om 19:00 sal ‘n tradisionele ete bedien word. Dié kaartjies kos R200 elk.
Skakel 082 414 5598 om kaartjies te koop.