
deur Francois Loots | Uitgegee deur NB Uitgewers
Dis 1820 in die Kaapkolonie. Sophia Truter is getroud met regter Johannes Truter. Maar dis Engelse tye en hy word nou as Sir John aangespreek. Sophia het ’n afkeer van die Kaap se vertoonsug, en ná die dood van haar jongste seun besluit sy om weer te gaan boer. Dié keer begin sy klein, op ’n lap grond overberg anderkant die Kleinrivier - sonder slawe en voormans. Kort ná haar aankoms daag Mandel op, ’n vryloper wat doer ver by Kicherer se sendingstasie Sakrivier gedoop is.
En by jong vroue soos Sterretjie wat naby Gansgat tent opgeslaan het, kry Sophia malgasvere en ghwano vir haar groenteakkers. Algaande vind Sophia haar voete, en ’n boervrou van oorkant die Akkedisberg kom ook inloer. Maar dan word iemand op die bokpad anderkant die berg vermoor.
En Jan Tesselaar, die nuwe veldkornet, moet die skuldige opspoor.
Twyfelbos is ’n meesleurende geskiedkundige roman wat afspeel in die Overberge in die vroeë agtienhonderds. Puik nagevors en geskryf deur ’n fyn stilis.