Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Samboksalf en ‘n Draaktraan 
(AM Holder)
Is jy opgewasse vir drake - in die Karoo? Dit is wat die jong Lizelle moet besluit toe sy midde-in ‘n avontuur waarvoor sy nie gesoek het nie, beland. Wat voer die koster met sy kerkklokke en die misterieuse bibliotekaresse in die mou? Lizelle begin snuffel, maar sy is glad nie voorbereid op wat sy uitvind nie!

Superhelde van die Savanna 
(Marleen Lammers, Illustrasie deur Anja Stoeckigt)
Wanneer ‘n bakoorjakkals ‘n vreeslose, veglustige ratel teëkom, besluit hy dis baie veiliger om aan die sy van dié taai kalant te bly. Nadat die ratel korte mette met ‘n valk en ‘n groenmamba gemaak het, en ook sommer ‘n paar leeus trompop geloop het, verklaar jakkalsie: “Jy is soos ‘n ninja!” Maar ratel ontdek dat die jakkalsie ook ‘n paar sterk punte het en dat die vriendskap ook vir hom voordele inhou. Die storie is prettig en ideaal vir jong lesers wat nou die wonder van selflees ontdek. Die illustrasies is deel van die boek se sjarme en sal kinders die storie oor en oor wil laat beleef.