Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die volgende Pick en Pay stalletjiemark vind die naweek plaas en gaan baie spesiaal vir al die Oupas en Oumas wees. Die organiseerders nooi al die Oupas en Oumas om saam te kuier op Saterdag 29 Junie en deel te neem aan die aktiwiteite wat die dag beplan word. Elke grootouer wat bywoon kry ‘n gratis koffie en kolwyntjie.

Verskeie kompetisies word aangebied met lekker pryse op die spel soos vir oudste ouma en oupa by die mark, die oupa en oupa wat die laangste getroud is en nog vele meer. Kleinkinders word ook aangemoedig om briefies te skryf oor waarom hul grootouers spesiaal is. Daar is verskillende afdelings vir kinders: 4-5 jaar, 6-8 jaar en 9-10 jaar. Briefies kan in die houer by Bosveld Slaghuis geplaas word tot Donderdag 27 Junie. Onthou jou naam en van en jou grootouers se naam en van.

Klerksdorp se bloedbank gaan ook die mark besoek en Klerksdorpers word tussen 09:00 en 13:00 aangemoedig om bloed te skenk. Daar gaan ook ‘n mediese stasie  op die mark wees waar gratis bloeddruk geneem kan word en bloed suiker getoets kan word.

Vir navrae en stalletjie besprekings, skakel Tinus by 083 294 8077.