Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Drie van die stad se skoonhede sal die volgende Pick en Pay stalletjiemark op 27 Julie besoek. Mev Klerksdorp Shandré Olivier, Mej Klerksdorp Sharene Wellen en Mej Klerksdorp Tie-ner Tsegofatso Mekgwe sal tussen 10:00 en 12:00 by die mark wees. Dit gaan die eerste keer na hul kroning op 6 Julie wees wat hulle saam in die openbaar optree.

Hulle gaan deel wees van die fondsinsameling wat by die mark gehou word ten bate van die Orkney en Klerksdorp diereskuiling. Die organiseerders doen ‘n beroep op Klerksdorpers om honde- en katkos na die mark te bring. Kontantskenkings sal ook waardeer word.

Laerskool La Hoff se trompoppies sal ook daar wees om kleur aan die dag te verleen met hul optrede. 

Sowat 55 uitstallers het reeds hul staanplek vir die mark bespreek. Staanplek is nog beskikbaar. 
Skakel Tinus by 083 294 8077 vir navrae en stalletjiebespre-kings.