Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - ‘n Nuwe beginnerskursus in Tswana begin eersdaags by die plaaslike museum.
Dit word oor tien Saterdae aangebied en die koste is R1 750.
Die kursus sal op 6 April begin en op 13, 20, 27 April, 4, 11, 18, 25 Mei en 1 en 8 Junie aangebied word. Dit sal van 09:00 tot 11:00 aangebied word.
“Bemagtig jouself deur Tswana te leer en in Tswana te begin kommunikeer. Jy dwing daardeur nie net respek af nie, maar dit bevorder ook interpersoonlike verhoudings met ander kulture.
“Maak dit ‘n nuwejaarsvoorneme en begin sommer dadelik,” sê Marcello Hanekom, kursusaanbieder.
Stuur ‘n e-pos na
Boekeblad: Detective and agony aunt produces first cookbook
Tannie Maria, everyone’s favourite amateur detective and agony aunt, has finally heeded the call of her fans countrywide to produce her very first cookbook.
Recipes to Die Live For, features recipes from Sally Andrew’s first four murder mystery novels, as well as some tantalising new additions. Andrew, creator of the inimitable Tannie Maria, will publish her first cookbook with Penguin Random House South Africa (PRHSA) in May 2024.
Recipes to Die Live For is not only a celebration of Tannie Maria’s delectable recipes but of her philosophy, of the Karoo and of life itself, Andrew explains. “I am so excited about Recipes to Die Live For.
Nuut op die rak: Bloedsomer
deur Sidney Gilroy
Die lang verwagte vierde boek van Sidney Gilroy is uiteindelik op die rak en word klaar as ‘n blitsblaaier beskryf. Dit is nie ‘n opvolg op Gilroy se vorige drie boeke nie, maar ons lees weer van Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, wat lesers in Vlam leer ken het en nou haar rang kwyt is en oorgeplaas word Mooibaai toe. Oornag bevind sy haarself as hoofondersoeker in ‘n raaiselagtige moordsaak nadat die oorskot van twee jong vroue vroeg in Desember (vakansietyd) ontdek
word.
Nuut op die rak: Bybelblokraaie
Heidri Mittendorf is ‘n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Bybelblokraaie bevat 70 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 10 woordsoeke gebaseer op temas uit die Bybel. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers. Heidri stel blokraaie en woordspeletjies op wat sy vir verskeie Afrikaanse publikasies doen. Daar het ook verskeie blokraai- en speletjiesboeke onder haar pseudoniem, PENPRET, verskyn. Die boek word vir R150 verkoop en word uitgegee deur Lux Verbi.
Understanding ‘unusual’ summer flu
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - When you think of the flu, the image that often comes to mind is people bundled up in coats, scarves, and hats.
However, flu is not exclusive only to the colder months.
The less common summer flu can still pose a significant health risk.










