Dark Horizon
deur James Swallow (Jonathan Ball Publishers)
Resensie: Stefaans Coetzee
Van die beste spioenasierillers skep spanning deur ’n gewone mens in ’n agent te verander te midde van ’n dodelike samesweringskomplot. Lesers identifiseer makliker hiermee as met die hoogsopgeleide black ops-operateurs, aangesien ons almal daarvan hou as die underdog seëvier. Die Skots-Amerikaanse spioenasieskrywer, Helen MacInnes, het gewone landsburgers as helde ingespan om Nazis, kommunisme en wêreldwye samesweringskomplotte te beveg.













