Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

deur Helena Hugo  |  Uitgewer: Lux Verbi

Twee inspirerende romans in een omnibus - dit is wat jy kry as jy Helena Hugo se Weskus Omnibus 2 te lese kry. Helena Hugo is die skrywer van verskeie topverkopers soos oa Haar naam is Ragel. 
Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en -vervolgverhale. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders. 

Ter wille van Talita - Die Van den Heevers hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wanneer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan ’n Kersspel deelneem nie. 

Haar ma se kind - Dania Pietersen is Dora en Jonnie se susterskind wat by hulle bly. Sy is ’n modelkind en volgende jaar is Dania sestien en Dora en Jonnie kan dit nie meer ontken nie: Dania hoort nie by hulle nie - sy is haar ma se kind.

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die plaaslike museum hou ‘n gereelde diskoersreeks oor interessante onderwerpe. Die volgende diskoers vind op Saterdag 25 Mei om 09:00 plaas. Historikus Bert Gaffen sal praat oor die geskiedenis van die Khoisan asook oor die voorkoms van rotstekeninge in die omgewing. Volgens Gaffen was die Khoisan volop in die omgewing vir duisende jare met tekeninge tot op Ottosdal. Die museum bevat ook juwele en persoonlike items van die Khoisan. Skakel 018 487 8900 om jou plek te bespreek. 
Die diskoers is informeel en gratis om by te woon. Parkering is beskikbaar op die museumterrein en koffie en tee sal bedien word.

“Maria, het Anna al lankal terug besluit, is net gelukkig wanneer sy ongelukkig is. Wie wil nou saam met só ‘n skepsel jou lewe lei? Dit gaan nog vir Frederik te veel raak, en dan moet Maria nie huil as hy vlerk by ‘n ander meisie loop sleep nie. Maria dink alles is sonde. Selfs om te lag…”

(Uittreksel: Terug na die walle van die Molopo - Christelle Wessels en Jan Vermeulen/ Sewe keer Sondig)

Read more …Boekeblad: Skrywers pak die sewe doodsondes

Skrywer: Stephen Leather
Titel: Dirty War
Uitgewer: Hodder & Staughton
ISBN: 978-1-529-36737-9
Resensent: Stefaans Coetzee

Ek dink nie die 67-jarige Britse skrywer Stephen Leather het enige bekendstelling nodig as jy verslaaf is aan die genre (dit is nou spesiale magte/spioenasie/terrorisme) nie. Verskeie van sy boeke is verfilm, sy vierde boek The Chinaman (The Foreigner), met Jackie Chan en Pierce Brosnan in die hoofrolle, is my gunsteling. Hy is een van ʼn handvol joernaliste wat hul kennis suksesvol in blitsverkopers omskep het, dink aan Frederick Forsyth, Gerald Seymour (Harry’s Game), Terence Strong (The Tick-Tock Man) en Gordon Stevens (Peace on Earth).

Read more …Boekeblad: Slapelose nag as jy hier begin lees

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Omkring jou dagboek op Saterdag 27 April, want NG Wilkruin hou basaar.
Die kerk sal die groot dag begin met potjiekos wat te koop sal wees op die vorige dag, 26 April, vanaf 17:00. Die basaar sal om 08:00 begin en tot sowat 14:00 duur. Wat kan mense verwag? Vars vleis te koop, lekker kerrie-en-rys, poeding, pannekoek, ‘n teetuin, roomys, koeldrank, vars gebak te koop, handwerk, ‘n wit olifant-tafel, tombola en wors en sosatiebroodjies.

Read more …NG Wilkruin hou basaar

More Articles …