Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Aardklop vind eers in Oktober plaas. Voorbereidings is egter volstoom aan die gang.
Maak ’n knoop in jou oor, ’n nota op jou foon en ’n groot, helder kol in jou dagboek, want Aardklop vind vanjaar van 7-12 Oktober plaas (feesterrein oop van 7-11 Oktober). Die program word in Junie bekendgestel waarna kaartjie-verkope sal open.
Aardklop is vir 11 kykNET Fiëstas 2025 benoem. Die wenners is verlede week tydens ’n glansgeleentheid in Kirstenbosch aangekondig en die fees het weggestap met vier kykNET Fiëstas.
Aardklop het gewen vir:
- Beste Opkomende Kunstenaar: Joshwin Dyson in Laaitie mettie biscuits;
- Beste Akteur: Joshwin Dyson in Laaitie mettie biscuits;
- Beste Nuutgeskepte Teks: Philip Rademeyer vir Stinkhout; en
- Beste Prestasie in Klassieke Musiek: Die groot finale.
- Braam en die engel - ’n Aardklop-produksie, is genomineer vir ’n Fleur du Cap Theatre Award.
Terwyl jy wag vir Oktober, kan jy jou honger vir kuns en fees stil met Aardklop-meesterstukke op ander verhoë.
Koop jou kaartjies vir Laaitie mettie biscuits en Stinkhout wat beide vanjaar gesien kan word by die KKNK en Suidoosterfees.