Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Musiekliefhebbers kan uitsien na ‘n musikale produksie vroeg in April met die Holland’s Got Talent wenner Amira Willighagen as die trekpleister. Dié Music Go Round-konsert word opgevoer ter viering van Amira se 21ste verjaardag asook die tiende herdenking van Gelukskinders, ‘n stigting wat sy op die been gebring het om ‘n verskil in kinders se lewe te maak.

Die konsert word op 6 April in die NG Kerk Miederpark opgevoer met verskeie Potchefstroomse laerskoolkore wat saam met Amira se optree met die uitvoering van ‘n reeks musiek van The Sound of Music en Mary Poppins.

Amira sê die konsert is om aan kinders die geleentheid gee om op te tree en ook om geld in te samel vir Gelukskinders wat speelparke vir kinders in townships oprig. Die koor bestaan uit kinders tussen die ouderdom van 12-18 van verskillende skole in die omgewing. Dansers van die Ikalafeng School in Ikageng gaan ook optree.

Met die opvoering van musiek uit The Sound of Music is die Von Trapp familie gekies uit plaaslike talent met Amira wat die hoofrol van Maria vertolk. Amira gaan ook as Mary Poppins speel en haar pa, Gerrit, sal haar op die kerkorrel begelei.

Kaartjies vir die vertoning is reeds te koop op https://www.quicket.co.za/events/299108-music-go-round/#/