Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Dit wil amper voel of die Lente vroeg opgedaag het in Augustus, maar in die oggend byt die koue steeds. Leerlinge van Hoërskool Schoonspruit het op 8 Augustus die oggendkoue aangedurf met hul jaarlikse Braveheart-tradisie.  

Braveheart is ‘n fondsinsamelingsprojek wat al sedert 2014 deur die skool aangebied word om fondse vir die skool se behoeftige leerlinge in te samel.

Elke leerling wat deelneem wys dat hulle ‘n hart het vir behoeftige leerlinge deur die yskoue 
water te trotseer.

Vanjaar poog die skool om R100 000 in te samel en leerlinge het kans tot einde Augustus om hul fondse in te samel. Die skool staan alreeds op R88 000! Sowat 80 leerlinge het vanjaar die ysige water aangedurf!