Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Kraanwater wat in sommige woongebiede aanhoudend straataf stroom, het Klerksdorpers warm onder die kraag. Vir ses weke lank het ’n gebarste pyp op die hoek van Martie- en Oom Jacobstraat in Meiringspark daartoe gelei dat duisende liters skoon drinkwater in die straat en in die stormwatersloot afgevloei het. Rdl Lourens Cromhout (van die DA) sê gebrek aan instandhouding, leierskap en aanspreeklikheid lei direk tot die verlies van kosbare skoon drinkwater en swak padtoestande in die Matlosana munisipale gebied.

“In ‘n wêreld waar skoon drinkwater ‘n kommoditeit word, is dit onaanvaarbaar. Matlosana het ‘n waterverlies van 58% aangeteken weens lekkasies en swak infrastruktuur. Dit is nie net die verlies aan kosbare drinkwater wat kommer wek nie, maar ook die skade wat die waterlekkasies op die paaie veroorsaak, waar die voortdurende loop van water op die teer, slaggate skep,’’ sê hy.

Volgens hom rapporteer DA-raadslede lekkasies op ‘n weeklikse basis. “Daar is egter ‘n stadige reaksietyd as gevolg van ‘n tekort aan voertuie, wat net een span toelaat om op ‘n slag aandag te gee aan waterlekkasies. ’n Tekort aan behoorlike gereedskap vertraag die hersteltyd nog meer.

“In ’n munisipaliteit onder leiding van die DA is behoorlike instandhouding, verslagdoening en ondersteuningstelsels die sleutel tot doeltreffende dienslewering, en dit is waar die DA-verskil duidelik is.”