Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Die polisie waarsku bestuurders van Toyota Hilux-bakkies dat dié voertuig baie gesog is onder motordiewe, veral in Potchefstroom. Kol Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het verlede week bekendgemaak dat altesaam 12 diefstalle van Toyota Hilux-bakkies sowel as twee pogings tot diefstal sedert Februarie 2024 in Potchefstroom aangemeld is.

Winkelsentrums naby die R501-pad wat van Potchefstroom na Carletonville lei en die sportgronde van die NWU en Potchef-stroom Buiteklub is veral geteiken. 

Op Dinsdag 14 Mei is daar boonop drie gevalle van diefstal uit motorvoertuig aangemeld. In al drie gevalle is skootrekenaars in die voertuie gelos en gesteel. Hierdie voertuie was in parkeerareas, twee in sentrale dorp geparkeer en die derde voorval is in Molenstraat op die Bult aangemeld.

Sy het lede van die publiek versoek om nie waardevolle items in hul voertuie te los nie.

Bestuurders van voertuie, veral dié wat Toyota Hilux bakkies bestuur, word ook versoek om versigtig te wees wanneer hulle hul voertuie parkeer en die volgende voorkomende maatreëls te volg:
- Haal jou sleutels uit die aansitter en neem jou sleutels saam.
- Sluit jou voertuig.
- Moet nooit ‘n tweede stel sleutels in jou voertuig wegsteek nie.
- Parkeer in bewoonde persele.
- Parkeer in goed verligte areas.
- Moet nooit jou voertuig se enjin laat loop nie, selfs al sal jy net vir ‘n minuut weg wees.
- Maak alle voertuigvensters heeltemal toe wanneer jy parkeer.
- Moenie waardevolle items in sig laat nie.
- Parkeer met jou wiele na die randsteen gedraai om jou voertuig moeiliker te maak om weg te sleep.
- As jou voertuig agterwielaangedrewe is, sal terugry in jou oprit dit ook moeiliker maak vir ‘n dief om dit weg te sleep.
- Stoor jou voertuig in die motorhuis as jy een het en onthou altyd om die motorhuisdeur te sluit.
- Moenie die registrasiepapiere in jou voertuig los nie.
- Gebruik altyd jou noodrem wanneer jy parkeer, wat veiligheid verseker en dit ook vir ’n dief moeilik maak om jou voertuig weg te sleep.
- Ets jou voertuigidentifikasienommer op motorruite en hoofonderdele. Hierdie prosedure maak voertuie en onderdele makliker naspeurbaar wanneer dit gesteel word. Maak ook gebruik van data dot
- Deaktiveer jou voertuig wanneer jy dit vir ‘n lang tydperk sonder toesig laat.
- Graveer duur bykomstighede soos motorstereo’s, selfone, kompakskyfwisselaars, eksterne luidsprekers, ens., sodat die dief dit moeilik sal vind om daarvan ontslae te raak.
- Los besigheidskaartjies, adresetikette of ander identifikasie binne voertuigdeure om wetstoepassing te help om jou voertuig of onderdele te identifiseer.
- Vervang maklik toeganklike deurslotsamestellings.
- Installeer ‘n anti-diefstal toestel of stelsel op jou voertuig as ‘n ekstra afskrikmaatreël.