Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - NG Welsyn se damestee ter viering van Vroue-dag is op Saterdag 24 Augustus gehou en dit was oudergewoonte ‘n jolige oggend van lekker kuier terwyl die teekoppies klink en die koekborde kreun onder gebak.

Die oggend het egter op ‘n hartseer noot afgeskop met die vertelling van ‘n 11-jarige seun wat die afgelope agt jaar in pleegsorg is en hoe dit sy lewe ten goede verander het.

Gaste het trane afgevee terwyl die kind sy toespraak gelewer het en dit was verseker die beste getuigskrif van NG Welsyn se harde werk in die gemeenskap.

Met die trane afgedroog het oggend voortgegaan met ‘n vertoning deur Herman Kleinhans. Sy diep stem en digterlike musiek het gaste betower en almal het teruggesit en die musiek geniet. Daarna is daar verder gekuier en die heerlike spyseniering geniet.