Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Hervormde Kerk Doringkruin bied ‘n groot lentefees aan by die kerk op Vrydag 30 Augustus en Saterdag 31 Augustus.  Die kerk is geleë op die hoek van Boekenhout- en Hibiscusstraat in Doringkruin.

Smaaklike eetgoed soos kerrie en rys, vetkoeke en paninis, pannekoek, wors op ‘n stok, nagereg, heerlike koeke en terte, hoeder- en beessosaties, worsbroodjies, koeldrank en baie meer sal te koop wees.

Elke oggend skop af met ‘n heerlike ontbyt en koffie van 06:00 tot 08:30. Die kosstalletjies open om 08:00 en daar sal ook ‘n kuiertuin wees om te sit en eet of sommer net te ontspan. 

Die Saterdagoggend vind ‘n 5km Bosloop plaas met medaljes vir almal wat die uitstappie voltooi.   
Daar gaan ook ‘n verskeidenheid buite-uitstallers wees. Bring die kleingoed saam, daar gaan baie vermaak wees met lekker eetgoed en speletjies.

Vir die petrolkoppe is daar ‘n uitstalling van veteraanmotors sowel as nuwe voertuie met toetsritte. Kunstenaars gaan ook optree. Die Saterdagmiddag om 13:00 is daar ‘n veiling van verskeie items.  
Die hoogtepunt en afsluiting is die toetswedstryd op ‘n grootskerm tussen die Springbokke en die All Blacks om 17:00.

Kaartjies is beskikbaar wat ‘n skaapbraai met ete om 19:30 insluit.

Skakel 018 468 5545 of Whatsapp 073 957 7228 vir meer inligting.