Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Life Anncron-hospitaal het vroeg hierdie maand begin om die perseel voor te berei waar ‘n nuwe akute rehabilitasiesentrum sal verrys. Hierdie moderne fasiliteit sal na verwagting in November vanjaar voltooi wees. 

Dit sal langs die huidige hospitaal geleë wees, tussen Hartley- en Andrewstraat. Die hospitaal het die nuwe fasiliteit op 6 Januarie bekend gestel.

Volgens Lukas Greeve, hospitaalbestuurder, belê die hospitaal in die gemeenskap se welstand met die bou van hierdie nuwe veertigbedsentrum.

Hy het gesê die sentrum sal daarop fokus om pasiënte te help wat intensiewe fisiese rehabilitasie benodig nadat hulle ruggraat- of traumatiese breinbeserings, beroertes, politrauma, ortopediese chirurgie, akute siekte en meer gehad het.

“Ons erken die kritieke behoefte aan omvattende rehabilitasiedienste binne die gemeenskap.”
Hy het bygevoeg hierdie nuwe 

fasiliteit sal die hospitaal in staat stel om uitsonderlike sorg nader aan die huis te verskaf, en verseker dat pasiënte die ondersteuning het wat hulle nodig het om hul onafhanklikheid te herwin en hul lewenskwaliteit te verbeter.

Die nuwe sentrum sal ‘n toegewyde span rehabilitasiespesialiste huisves, insluitend fisioterapeute, arbeidsterapeute, spraakterapeute en rehabilitasie-verpleegkundiges.