Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - TLU SA beskryf die omstrede Wet op Onteiening as ‘n ernstige aanval op die grondslag van eiendomsreg, wat nie net boere nie, maar alle Suid-Afrikaners bedreig. Die regering hou hierdie wet voor as ‘n instrument vir transformasie en openbare belang, maar die werklikheid is dat dit verreikende negatiewe gevolge vir voedselsekerheid, beleggersvertroue, en ekonomiese stabiliteit sal hê.

 

 

 

 

“Die wet beweer om in lyn te wees met Artikel 25 van die Grondwet, maar sy definisies van regverdige en billike vergoeding sowel as openbare belang is vaag en oop vir subjektiewe interpretasie. Hierdie grys areas maak voorsiening vir misbruik, korrupsie, en onregverdige praktyke, wat eiendomsbesitters van alle agtergronde in onsekerheid dompel. Terwyl die meeste Suid-Afrikaners sukkel om die land se ekonomie aan die gang te kry, bly die regering steeds vasgevang in ‘n oorwinning van ideologie bo ekonomiese realiteite,” sê Bennie van Zyl, TLU SA hoofbestuurder. 

“Dit is hartseer dat die regering dink hy sal internasionale en plaaslike belegging aanlok na die ondertekening van hierdie wet. TLU SA betreur dit dat Suid-Afrika keer op keer verkeerde keuses maak, maar steeds verwag dat die ekonomie sal groei.”

Volgens Van Zyl staan die boerderygemeenskap reeds voor oorweldigende uitdagings, soos hoë koste, onbestendige markte, en toenemende landelike misdaad. Nou word daar verdere druk op hulle geplaas deur die moontlikheid van grondonteiening wat nie net hul finansiële sekerheid bedreig nie, maar ook hul vermoë om voedselsekerheid vir die land te verseker.

“Voedselsekerheid is nie ‘n abstrakte kwessie nie - dit is ‘n lewensbelangrike prioriteit. As die grond waarop ons voedsel verbou word, onteien word sonder die nodige kapasiteit om dit produktief te bestuur, sal miljoene Suid-Afrikaners die gevolge dra in die vorm van stygende kospryse en moontlike voedseltekorte.”